Periodieke Tabel
Einsteinium is 'n sintetiese element met simbool Es en atoomgetal 99. Dit is die sewende transuraniese element en 'n aktinied. Einsteinium is ontdek as 'n komponent van die puin van die eerste waterstofbomontploffing in 1952, en is vernoem na Albert Einstein.
