Periodieke Tabel
Kalium is 'n chemiese element met simbool K (afgelei van Neo-Latyn, kalium) en atoomgetal 19. Dit is eers geïsoleer van potas, die as van plante, waaruit die naam afgelei is. In die Periodieke tabel is kalium een van sewe elemente in kolom (groep) 1 (alkalimetale): hulle het almal 'n enkele valenselektron in hul buitenste elektronskaal, wat hulle maklik prysgee om 'n atoom met 'n positiewe lading te skep - kation, en kombineer met anione om soute te vorm.
