Periodieke Tabel
Americium is 'n radio-aktiewe transuraniese chemiese element met die simbool Am en atoomgetal 95. Hierdie lid van die aktiniedreeks is in die periodieke tabel onder die lanthanide-element europium geleë, en is derhalwe na Amerika vernoem. Americium is in 1944 vir die eerste keer vervaardig deur die groep Glenn T.Seaborg van Berkeley, Kalifornië, by die metallurgiese laboratorium van die Universiteit van Chicago.
