Periodieke Tabel
Dubnium is 'n chemiese element met die simbool Db en atoomgetal 105. Dit is vernoem na die stad Dubna in Rusland (noord van Moskou), waar dit die eerste keer vervaardig is. Dit is 'n sintetiese element ('n element wat in 'n laboratorium geskep kan word, maar nie in die natuur voorkom nie) en radioaktief; die mees stabiele bekende isotoop, dubnium-268, het 'n halfleeftyd van ongeveer 28 uur.
