Periodieke Tabel
Meitnerium is 'n chemiese element met simbool Mt en atoomgetal 109. Dit is 'n uiters radioaktiewe sintetiese element ('n element wat nie in die natuur voorkom nie en wat in 'n laboratorium geskep kan word). Die mees stabiele isotoop, meitnerium-278, het 'n halfleeftyd van 7,6 sekondes.
