Periodieke Tabel
Jodium is 'n chemiese element met simbool I en atoomgetal 53. Die naam is afkomstig van Grieks ἰοειδής ioeidēs, wat violet of pers beteken, as gevolg van die kleur van jodiumdamp. Jodium en die verbindings daarvan word hoofsaaklik in voeding gebruik, en industrieel in die produksie van asynsuur en sekere polimere.
