Periodieke Tabel
Rutherfordium is 'n chemiese element met die simbool Rf en atoomgetal 104, genoem ter ere van die fisikus Ernest Rutherford. Dit is 'n sintetiese element ('n element wat in 'n laboratorium geskep kan word, maar nie in die natuur voorkom nie) en radioaktief; die mees stabiele bekende isotoop, 267Rf, het 'n halfleeftyd van ongeveer 1,3 uur. In die periodieke tabel van die elemente is dit 'n d - blokelement en die tweede van die vierde ry oorgangselemente.
