Periodieke Tabel
Plutonium is 'n transuraniese radioaktiewe chemiese element met die simbool Pu en atoomgetal 94. Dit is 'n aktiniedmetaal met 'n silwergrys voorkoms wat verkleur as dit aan lug blootgestel word en 'n dowwe deklaag vorm as dit geoksideer word. Die element vertoon gewoonlik ses allotrope en vier oksidasie-toestande.

