Periodieke Tabel
Blik is 'n chemiese element met die simbool Sn en atoomgetal 50. Dit is 'n hoofgroepmetaal in groep 14 van die periodieke tabel. Blik toon 'n chemiese ooreenkoms met beide naburige groep-14 elemente, germanium en lood, en het twee moontlike oksidasie toestande, +2 en die effens meer stabiele +4.
