Periodieke Tabel
Lawrencium is 'n sintetiese chemiese element met die chemiese simbool Lr (voorheen Lw) en atoomgetal 103. Dit word genoem ter ere van Ernest Lawrence, uitvinder van die siklotron, 'n toestel wat gebruik is om baie kunsmatige radioaktiewe elemente te ontdek. Lawrencium is 'n radioaktiewe metaal, die elfde transuraniese element en is ook die laaste lid van die aktiniedreeks.
